Welkom

StudyBoss is die breinkind van ’n gesoute onderwyseres met 30 jaar ondervinding en ’n werkende mamma met twee seuns wat nie vreeslik lief vir studeer is nie. Ons het besef dat daar baie werkende en enkellopende mammas (en pappas) is, wat nie die tyd het om nog vanaand, as hulle by die huis kom, kinders te kan help met leerwerk en huiswerk ook nie. En dat die handboeke dikwels moeilik verstaanbaar is vir kinders.

StudyBoss stel jou kind in staat om op sy/haar eie te leer en werk, om sodoende beter punte te behaal. Baie navorsing oor studiemetodes is gedoen en onderhoude met arbeidsterapeute en kindersielkundiges is gevoer om die beste produk te skep, wat voorsien aan elke tipe kind se behoeftes en metodes. Kinders is as klankborde gebruik om seker te maak die werk is maklik verstaanbaar opgesom. Ons is seker jou kind kan definitief baat vind deur StudyBoss te gebruik. Dit is vir ons ’n groot voorreg om kinders te help in ’n wêreld waar al hoe meer van die kinders vereis word.